Alhoewel ons huistaal afrikaans is, is dit moeilik om meeste van die terme vir drukwerk ens. in afrikaans te beskryf. Dit is ook 'n feit dat die meeste kliente ons op soekenjins soos Google kry in engels en bitter min in afrikaans.
Ons is in Ontdekkerspark, Roodepoort, en ons doen litografiese en groot formaat digitale drukwerk, asook die sny en plak van viniel tekens.
Ons het heelwat kliente versprei oor die hele Gauteng.
Van Pretoria / Centurion, Midrand, Bryanston, Sandton en Randburg tot op die Oosrand van Alberton, Kempton Park, Boksburg, Benoni, Brakpan, Springs en Nigel, aan wie ons drukwerk, tekens en ander digitaal vervaardigde produkte verskaf.
Ons het ook verskeie kliente dwarsoor Suid Afrika aan wie ons produkte lewer deur te koerier of te pos.
Ons lewer gewoonlik een maal per week af, wat beteken dat ons binne 5 tot 10 werksdae kan aflewer.